3 dae gelede
Man in hof vir beweerde moord op meisie (15)
HOF: Marshall Chabide loop tans hof vir ’n moord.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

DIE 38-jarige man wat van die moord op sy 15-jarige meisie beskuldig word, het vlugtig hierdie week sy eerste hofverskyning gemaak.

Thando Bhayibhile word van die moord op Yonela Nonkeneza aangekla.

News24 berig dat haar lyk was onder sy bed weggesteek, nadat sy op 28 Maart soos mis voor die son verdwyn het.

'n Soektog van drie dae na die tiener het gelei tot by Bhayibhile se huis, waar Nonkeneza se lyk onder sy bed gekry is.

Hy is ure later naby Lower Mthombe in hegtenis geneem.

Woedende inwoners het buite die hof teen borgtog betoog.

Na wat berig word was Bhayibhile al voorheen in die tronk. Die slagoffer is ook al gewaarsku om weg te bly van hom.

Nonkeneza se suster, Nontombazana Sofolo, beweer die twee het gestry oor R500 van Bhayibhile wat weg is en dat hy Nonkeneza van diefstal beskuldig. Sofolo noem dat sy hom gesmeek het om haar suster nie seer te maak nie en aangebied het om die geld terug te betaal.

Die saak is tot 8 April uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters