2 maande gelede
Man in hof ná hy glo meisie opkap
Nosicelo Mtebeni
Nosicelo Mtebeni  ~ Verskaf

’N MAN van Oos-Londen wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie opgekap het, sal volgende week in die hof verskyn.

Alutha Pasile het vandeesweek in die hof verskyn waar hy verkies het om vir Legal Aid aansoek te doen.

In sy eerste twee hofverskynings by die Oos-Londen-landdroshof het hy geweier om om borgtog of regsverteenwoordiging aansoek te doen.

Pasile is aangekla van moord en dwarsboming van die gereg. Die aanklagte volg op die grusame moord op Nosicelo Mtebeni, ’n 23-jarige student van Universiteit van Fort Hare.

Pasile is in hegtenis geneem nadat twee sakke by ’n dumpsite gevind is met haar liggaamsdele daarin.

Die saak is tot 9 November uitgestel sodat die beskuldigde met sy regsverteenwoordiger kon konsulteer. – ewn.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters