13 dae gelede
Man getuig sy motjie stem in
Slagoffer: ’n Vrou beweer haar man het haar drie keer verkrag.  ~ Foto ter Illustrasie

KORT nadat ’n man en sy wettige vrou seks gehad het, het hy weggehardloop toe haar lover by die vertrek inbars.

Só het ’n 32-jarige man getuig wie se vrou beweer hy het haar op 30 Maart laas jaar drie keer verkrag.

Die beweerde voorval het in Motherwell plaasgevind.

Die man staan ook in die Baaise hooggeregshof tereg op ’n klag van aanranding.

Die beskuldigde het getuig hy en sy vrou het die betrokke aand seks gehad, maar dit was konsensueel.

Die beskuldigde het getuig net ’n week tevore – op 22 Maart – het hy en sy vrou ook nog seks gehad.

Hy het bygevoeg dat daar tussen 22 Maart en 29 Maart geen aanduiding was dat hy sy vrou sou verloor nie.

Die beskuldigde het gesê hy en sy vrou is op 3 September 2016 getroud, maar hulle het op 16 Desember daardie jaar besluit om nie meer saam te woon nie.

Gestry

Volgens hom was dit ná onmin toe hy in Desember sy bonus gekry het en sy gesê het hy mors sy geld.

Hy het gesê daar was ook ’n gestry oor foto’s op Facebook.

Hy het getuig dat sy vrou hom op 29 Maart verlede jaar gebel het en gesê het sy kuier by familie in Motherwell – en dat hy ’n bottel drank moet saambring.

Hy het gesê dit was die eerste keer dat sy vrou hom Motherwell toe nooi nadat sy op haar eie in ’n woonstel daar ingetrek het.

Die beskuldigde het gesê toe hy en sy tjommie by die geselligheid aankom, het almal hulle verwelkom.

Hy het gesê hy het die mense geken saam met wie sy vrou gekuier het.

Dit was omdat dit sy tweede besoek aan die betrokke woning was.

Volgens hom het sy vrou in ’n stadium gesê sy gaan tiep en dat hy haar moet kom wakker maak wanneer hy klaar gedrink is.

Hy het getuig dat sy gesê het hy moet nêrens heen gaan nie, want hy moet later by haar in haar woonstel gaan slaap.

Die beskuldigde het getuig hy het sy vrou wakker gemaak toe die meeste mense weg was, want hy wou gaan slaap.

Hy het gesê toe hulle by sy vrou se woonstel aankom, het hulle kaal uitgetrek en in die bed geklim.

Volgens hom het hulle mekaar­ “geromance” en toe seks gehad.

Die beskuldigde het gesê hulle het later posisies gechange toe sy vrou sê hulle moet anale seks hê. Hy het getuig hulle het gewoonlik anale seks wanneer hulle alkohol gedrink het.

Volgens die beskuldigde het hy en sy vrou die aand geen protection gebruik nie.

Volgens hom gebruik hulle nooit protection wanneer hulle seks het nie.

Die beskuldigde het gesê kort nadat hulle seks gehad het, het iemand aan die deur gevroetel. Hy het gesê hy het aanvanklik gedink dit is ’n inbreker.

Vreesbevange

Die beskuldigde het gesê hy het nie gedink aan wat hy gaan gebruik om homself en sy vrou te beskerm nie.

Volgens hom het hy vreesbevange geraak toe die man sy vrou se naam roep. Hy het gesê in daardie stadium kon hy niks doen nie.

Die man het getuig toe hy sy vrou vra wie dit is, het sy gesê dis haar boyfriend.

Volgens hom het sy vrou nie haar boyfriend se naam aan hom genoem nie en hy het ook nie daarvoor gevra nie.

Hy het gesê as haar eggenoot was hy nie geïnteresseerd in wie haar lover is nie.

Die beskuldigde het gesê die eerste ding wat in sy mind opgekom het, was om weg te hardloop. Hy het toe sy klere aangetrek.

Hy het getuig toe die deur oopgaan, toe kom die persoon in.

Inkom

Hy het gesê in daardie stadium was die kamer se ligte nog afgeskakel en sy vrou was nog poedelnakend.

Die beskuldigde het gesê toe die man inkom, toe ontmoet sy vrou hom halfpad.

Hy het gesê dis tóé dat hy die gap gevat het om weg te hardloop.

Die beskuldigde het gesê die boy­friend het hom vroeër gewaarsku om weg te bly van sy vrou.

Volgens hom het die boy­friend ook al vir die beskuldigde gesê hy is die pa van haar kind.

Die beskuldigde is tans uit op borgtog.

Die saak dien voor waarnemende regter Bulelwa Pakati. Adv. Velile Makasana kla aan vir die staat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters