2 maande gelede
Man dood in vermoedelike mob-aanval
Polisie ondersoek n saak van moord nadat n man na bewering as gevolg van n mob aanval dood is.  ~ verskaf

DIE liggaam van 'n 25-jarige man is in 'n dorp in die Oos-Kaap gevind. Dit blyk dat die voorval met mob aanval verbind word.

Polisie-ondersoeke het aan die lig gebring dat die man deur gemeenskapslede geslaan is nadat hy daarvan aangekla is dat hy skape gesteel het.

Kapt. Siphokazi Mawisa, 'n polisiewoordvoerder, sê die polisie in Centane is Dinsdagaand na Godidi Village ontbied nadat die lyk ontdek is.

"Die polisie is uitgeroep ná die ontdekking van die lewelose liggaam van 'n man wat na bewering deur gemeenskapslede aangerand is.

’n Saak van moord is geopen vir ondersoek en geen arrestasies is gemaak nie,"  Mawisa. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters