2 maande gelede
Man buite hof in Baai geskiet
sex
Die man is buite die landdroshof in Gqeberha gewond.  ~ Foto ter illustrasie: iStock

DIE polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord nadat 'n 25-jarige man voor die landdroshof in Gqeberha in albei bene geskiet is.

Kol. Priscila Naidu, polisiewoordvoerder, sê die man het Donderdagmiddag in 'n Ford Fiesta gesit toe 'n onbekende persoon sy voertuig genader en na bewering verskeie skote daarop afgevuur het.

Naidu sê die slagoffer het skietwonde aan albei bene opgedoen en is na die hospitaal geneem.

Die verdagte het na bewering in 'n wit VW Golf van die toneel gevlug.

Die motief vir die skietery is in hierdie stadium nog onbekend, maar die polisie vermoed dit is bendeverwant. -AlgoaFM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters