17 dae gelede
Man bieg oor oue se moord
thanduxolo vumazonkeFoto: deon ferreira  ~ 

DIE hooggeregshof in die Baai het gister die confession van een van Denise Marlene Webber (78) se vermeende killers aanvaar.

Thanduxolo Vumazonke (23) staan saam met Sinethemba Nenemba (28), Fikile Mengo (20) en Mkhuseli Ngqanda (29) tereg op klagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Webber se lyk is op 20 Augustus 2015 in haar huis in Kabegapark in die Baai gevind.

Gister is die confession van Vumazonke as bewysstuk by die hof ingedien.

Vumazonke sê in sy confession hy was op 20 Augustus by sy huis.

Terwyl hy agter in die yard gerook het, het hy ’n phone call gekry van óf Nenemba óf ene Maguru, wat wou weet waar hy is.

Volgens Vumazonke het hy die persoon meegedeel hy is tuis. Daarop het die persoon geantwoord hulle kom dadelik na sy plek toe.

Hy sê dit was omstreeks elfuur.

Vumazonke sê ná sowat 15 minute het Nenemba en Maguru albei by sy huis opgedaag.

Hulle het daar aangekom in ’n wit Etios-sedan.

Volgens hom was Maguru die driver en Nenemba die passasier.

Vumazonke sê in sy confession albei het aan hom verduidelik hulle moet by ’n huis aan die Kabegapark-kant inbreek.

Volgens hom het Nenemba en Maguru verduidelik die “seun” wat by die betrokke huis werk, het vir hulle inligting gegee oor wat alles in die huis is.

Hy sê Maguru het gesê hulle was reeds by die huis. Maguru het ook gesê hulle herken die huishulp omdat sy in dieselfde omgewing as hulle woon.

Volgens Vumazonke het hulle aan hom gesê hulle is daar weg omdat hulle bang was die huishulp herken hulle.

Vumazonke sê Maguru het hom ingelig die “seun” was in die kar saam met hulle toe hy hulle die huis gaan uitwys het.

Hy sê in die confession gedurende die uitwysing, het hulle die huishulp buite sien staan en met ’n ander huishulp gesels.

Volgens Vumazonke het Maguru aan hom gesê hulle het die seun toe naby die betrokke huis gedrop, waarna hulle hom (Vumazonke) opgelaai het.

Hy sê Maguru en Nenemba het aan hom herhaal hulle gaan by die huis inbreek.

Volgens Vumazonke het hy, Nenemba en Maguru toe na die huis in Kabegapark gery. Toe hulle naby die omgewing was, het Nenemba met die seun oor die selfoon gepraat.

Volgens Vumazonke het Nenemba en Maguru uit die voertuig geklim. Albei het na bewering met die seun gepraat, wat in die yard van die huis gestaan het.

Hy (Vumazonke) het in die kar agtergebly toe Nenemba en Maguru oor die muur gespring het.

Gesig

Vumazonke sê ná sowat vyf minute het een van die twee mans gebel en aan hom gesê om die cable ties te bring.

Volgens hom het die seun hom geneem na die kamer waar die huishulp gelê het.

Hy sê die huishulp het gelê met haar gesig na die vloer gedraai.

Volgens hom was Nenemba ook in die kamer.

Hy sê in die confession Nenemba is toe uit die kamer, waarna die seun die huishulp met die cable ties vasgebind het.

Die seun het toe ook die vertrek verlaat.

Ingetrek

Volgens Vumazonke het Nenemba hom gesê om te waak by die huishulp.

Hy voeg by kort hierna het Maguru die motor by die yard ingetrek.

Volgens hom het hy gesien hoe Nenemba, Maguru en die seun items na die kar dra.

Hy sê Nenemba en Maguru het ook ’n groot plasma- televisiestel kar toe geneem.

Volgens hom is hulle almal daarna in die kar weg.

Vumazonke sê in sy confession die seun het ’n sak agter sy rug gehad waarin vier bottels whiskey was.

Hy sê op pad na Maguru se huis het die seun sy ma gebel en gesê daar was ’n robbery en dat die huismense vasgebind is.

Vumazonke sê die seun het voorts aan sy ma genoem hy is in die boot van ’n kar gelaai en is later in bosse gedrop.

Volgens Vumazonke is die televisiestel en kluis by Maguru se huis ingedra.

Hy sê Maguru het die kluis in die huis oopgemaak. Volgens hom was daar jewellery en ’n karsleutel in die kluis.

Hy voeg by hy het een silwer bracelet en ’n paar silwer earrings gevat.

Volgens hom is die jewellery onder hulle verdeel.

Vumazonke sê nadat hulle die seun in Korsten afgelaai het, is hy by sy huis afgelaai.

Adv. Jason Thysse kla aan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters