25 dae gelede
Man (21) vas na hy seun (16) skiet
Saps police tape
Police tape cordons off a suspected crime scene. (Son)  ~ 

DIE polisie in die Oos-Kaap het 'n 21-jarige man vir die moord op 'n 16-jarige seun gearresteer.

Kapt. Khaya Tonjeni, 'n polisiewoordvoerder, sê die seun is Saterdag in die vroeë-oggendure vermoedelik geskiet.

"Na bewering het 'n groep jong mense Vrydag 'n partytjie by die huis van die verdagte in Centane gehad, toe 'n argument tussen die verdagte en seun ontstaan het."

Die tienerseun is in die bolyf gewond en het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Die man sal na verwagting Maandag in die Centane-landdroshof op aanklag van moord verskyn. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters