11 maande gelede
Ma, kids aangeval: Ou voor
tronk: ’n Man wat teregstaan vir die verkragting van ’n vrou in Hankey is steeds in aanhouding.Foto ter illustrasie: son  ~ 

DIE man wat daarvan aangekla is dat hy ’n vrou en haar drie kinders in hul plaashuis aangeval het, het gister­oggend in die landdroshof in Hankey verskyn.

Die 32-jarige man, wat eers geïdentifiseer mag word wanneer­ hy in die saak gepleit het, is op 28 Maart naby die Lesotho-grens gearresteer.

Van die items wat in die aanval gesteel is – onder meer tekkies en klere – is in sy besit gevind.

Die man is glo ’n voormalige werker op die plaas.

Die verdagte staan tereg op klagte van verkragting, huisroof­, vier van ontvoering, vier klagte van poging tot moord, diefstal, roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Hy bly in aanhouding.

Skote

Die vrou (44) en haar drie minderjarige kinders is op 23 Maart aangeval.

Die aanvaller het toegang tot die huis verkry deur verskeie skote deur ’n glasdeur te vuur.

Die vrou is in haar lae rug getref toe sy probeer het om haar kinders te beskerm.

Die aanvaller het die vrou in haar voertuig na ’n kitsbank in die dorp geneem om geld te trek.

Terwyl die aanvaller besig was om geld te onttrek, het die vrou daarin geslaag om na ’n ander plaas te ry, waarna die polisie in kennis gestel is.

Die verdagte sal op 5 November­ weer in die plaaslike­ landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters