6 dae gelede
Ma en kids voor vir moord
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die cops het 'n ma en haar kids toegepak in verband met 'n moordsaak.  ~ Foto ter illustrasie

DIE cops in die Oos-Kaap het 'n ma en haar drie kinders gearresteer in verband met die moord op 'n 65-jarige man.

Volgens  kapt. Dineo Koena, 'n provinsiale polisiewoordvoerder, het die ma en haar kinders Dinsdag om 20:00 'n uitval met die oorledene gehad.

Hulle het daarna na bewering voortgegaan om hom aan te rand. Hy het uiteindelik aan sy wonde beswyk.

Die ma, haar 17- en 25-jarige seuns en 25-jarige dogter, sal binnekort op klagte van moord in die hof verskyn.

In 'n afsonderlike voorval ondersoek die polisie in die Vrystaat 'n driedubbele moord ná 'n ma en haar twee kinders Sondagoggend dood in hul huis gevind is.

Dit blyk dat al drie doodgesteek is.

Die voorlopige ondersoek wys dat die 37-jarige ma en haar twee seuns (9 en 2) tussen Saterdag om 22:00 en 05:00 die Sondag vermoor is.

Die polisie probeer steeds die vrou se man, wat nie by die huis was nie, opspoor. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters