Verlede maand
Ma en dogter skuldig aan moord
TONEEL: Beamptes bekyk Petrus Scholtz se lyk.  ~ Argief

'N MA en dogter van Kabegapark in Gqeberha (Port Elizabeth) is Maandag skuldig bevind aan die moord van 'n plaaslike elektrisiën.

Volgens kapt. Yolisa Mgolodela, 'n woordvoerder van die Valke, het Chantell Rossouw (38) en haar ma, Christine, in die hooggeregshof in Gqeberha verskyn. 

Die hof het beslis dat die twee saam met Wayne Rossouw (33) en Renaldo Swartz (26) die moord op Petrus Scholtz (70) beplan en uitgevoer het. Scholtz was 'n afgetrede elektrisiën wat steeds odd jobs gedoen het.  

Sy lyk is op 20 Julie 2019 in 'n veld in Fairview gekry.

Swartz het in 'n pleitverduideliking met die staat skuld erken en vertel hoe die bejaarde man vermoor is.

Volgens Swartz het Scholtz die Rossouws se geyser reggemaak - enkele dae voordat sy lyk gevind is.

Die Rossouws het hom gebel om sy betaling te kom haal. Toe hy daar kom het Swartz hom oorrompel en het Wayne vir Scholtz met 'n baton oor die kop geslaan. Scholtz se kop is toe met cling wrap toegedraai, sy hande en voete is vasgemaak en sy lyk is in 'n vrieskas gesit. 

Die Rossouws het Scholtz se tools en sy bakkie verkoop.

Swartz en Wayne is reeds skuldig bevind en dien reeds hul vonnis uit vir die moord. 

Die ma en dogter se vonnisoplegging begin op 8 Maart. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters