29 dae gelede
Ma, dogter sterf saam
Kapt. Gerda Swart  ~ Lulama Zenzile

’N MA (85) en dogter (68) is albei in hulle huis in Uitenhage oorlede.

Die lyke is vermoedelik eers sewe dae later gekry.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê ’n locksmith het dié ontdekking Woensdagaand gemaak.

“Die dogter het na haar bedlêende ma omgesien en hulle het saam in Higgensonstraat in Uitenhage gebly.

Gebel

“Die oorledenes se familielid bly ver en sy het gesukkel om hulle in die hande te kry.

“Sy het ’n locksmith gebel, wat gaan kyk het,” sê Swart.

Hy het 18:00 afgekom op die lyke en dadelik die paramedics en polisie laat weet.

Volgens Swart het die paramedics gesê albei vroue is dood aan natuurlike oorsake. Geen sake is dus geopen nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters