6 maande gelede
Lyke eien: Polisie kort hulp
Vier mans is in hegtenis geneem en nog een is dood toe ’n skietery tussen gewapende rowers en die polisie Maandag in Eldorado Park uitgebreek het.Foto: Verskaf  ~ 

DIE polisie in Kabegapark het Sonlanders se hulp dringend nodig om sake op te los.

In die eerste voorval het ’n ongeluk op Maandag 27 November 2017 om 01:05 op die ou Kaapweg oorkant Algoa­ Steel gebeur.

’n Man is getref deur ’n ongeïdentifiseerde kar in ’n hit-and-run-voorval, sê kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder.

Die polisie doen ’n beroep op enigeen met inligting oor die ongeluk of die bestuurder van die voertuig om die polisie in Kabegapark­ te kontak.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Omstandighede

In die tweede voorval soek die polisie hulp om die naasbestaandes op te spoor van ’n onbekende man wie se liggaam om 13:15 op 3 Januarie in Waterfordstraat, Bridge­mead­, gevind is.

Die man (in sy 30’s), het nie ’n hemp of skoene aangehad nie, net ’n blou jean.

Naidu sê die omstandig­hede rondom sy dood is onbekend. ’n Geregtelike doodsondersoek is aan die gang.

Die ondersoekbeampte in albei sake is sers. Chantell Joubert. Sy kan gebel word by041 397 6856 of 082 739 5959.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters