Verlede jaar
Lyk hang aan boom: Cops vra hulp
Foto ter illustrasie.Foto: AndrĂ© Damons  ~ 

SY LIGGAAM is in Upper Valleyweg in Suideinde gekry waar hy aan ’n boom gehang het.

Nou soek die speurders in Humewood dringend na die naasbestaandes van dié onbekende bruin man.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder­, sê twee persone wat daar verbygeloop het, het gister net ná 08:00 op sy liggaam afgekom.

Die polisie vermoed die man, vermoedelik tussen die ouderdom van 25 en 30, het moontlik in die nabygeleë bosse gebly.

Enige een wat moontlik die man kan uitken, kan die polisie kontak by 041 504 5019 of 041 504 5088.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters