Verlede jaar
Lyfstraf in skole kwel die OKOD
mandla makupulaFoto: son  ~ 

DIE Oos-Kaapse onderwysdepartement (OKOD) het sy ontevredenheid uitgespreek oor verskeie onlangse gevalle van lyfstraf by skole in die provinsie.

Themba Kojana, die superintendent-generaal van die OKOD, het gister gesê daar was voorvalle in die voormalige Transkei asook die onderwysdistrikte van Mount Frere, Nelson ­Mandelabaai en Oos-Londen. Volgens Kojana is die toepas van lyfstraf in sommige Oos-Kaapse skole ’n vernedering vir die departement en die provinsie.

Kojana se verklaring volg nadat The Herald gister berig het ook lyfstraf by die Hoërskool Kwamagxaki in die Baai.

Aanranding

In ’n video op die koerant se webtuiste kan gesien word hoe ’n manlike onderwyser drie matriekseuns verskeie kere met wat na ’n plastiekpyp lyk oor hul hande moker.

Die kinders is glo deur die skoolhoof geslaan omdat hul nie ’n winterskool vir matrieks bygewoon het nie.

Kojana het benadruk dat lyfstraf 21 jaar gelede in Suid-Afrika verban is en dat dit as aanranding beskou word.

Enige persoon wat lyfstraf toedien, kan dus agter tralies beland.

Hy het ouers en leerders aangemoedig om enige voorvalle by die OKOD en die polisie aan te meld.

Kojana voeg by dat die departement van Mandla Makupula, die LUR vir onderwys, ondersoeke doen by alle probleemskole en daar sal gevolge wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters