8 dae gelede
LUR woedend ná karre dice
Weziwe Tikana-gxothiwe  ~ Foto Verskaf

DIE LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling is erg omgekrap omdat vermeende roekelose drivers gewaar is waar hulle op die N2-snelweg buite Qumbu in die Oos-Kaap dice dat die rook draai.

Unathi Binqose, woordvoerder vir die Oos-Kaapse LUR van vervoer, veiligheid en skakeling, Weziwe Tikana-Gxothiwe, sê die LUR veroordeel hierdie “moorddadige gedrag” van dié mense ten sterkste.

In ’n video wat deur een van die toeskouers geneem is, kan drie voertuie gesien word wat teen ’n hoë snelheid jaag terwyl talle fans langs die pad vir hulle cheer.

Sommige van die fans skree en cheer van agterop ’n bakkie.

Tikana-Gxothiwe daag wetstoepassers uit om so gou as moontlik diegene wat betrokke was by hierdie potensiële “deadly act” op te spoor en in hegtenis te neem.

Sy sê gedrag van dié aard is geheel en al onaanvaarbaar en diegene wat betrokke was, gaan met die gereg te doen kry.

Gevolge

Tikana-Gxothiwe sê dié soort gedrag kan nie net die drivers en toeskouers se dood of besering beteken nie.

Sy meen ander padgebruikers en onskuldige mense in huise langs die pad is ook in gevaar.

Sy sê daar moet gevolge wees vir diegene wat betrokke was.

Die LUR het ook haar skok uitgespreek oor die feit dat mense durf om dié tipe race op die N2 te probeer.

Dit is een van die besigste nasionale paaie wat strek vanaf Kaapstad, deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga.

Tikana-Gxothiwe sê trokke wat vragte vervoer, gebruik dié pad gereeld, selfs tydens die lockdown-periode.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters