2 maande gelede
LUR vol lof vir spanne se werk
Fikile XasaFoto: son  ~ 

DINGE het glad verloop in die Oos-Kaap op die spesiale stemdae Maandag en Dinsdag.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Fikile Xasa, het alle multidissiplinêre spanne geloof vir die versekering van stabiliteit oor die provinsie.

Xasa het die provinsiale uitslae-sentrum besoek om sy gereedheid te assesseer en hy was tevrede.

“Ons het volle vertroue in die vermoëns van die mans en vroue wat deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangestel is,” het Xasa gesê.

Hy het toe ook die inwoners van die provinsie aangemoedig om gister te stem.

Xasa het die gemeenskappe verseker dat voortdurende engagement selfs ná die verkiesing sal plaasvind in areas soos Mbizana, Ntabankulu en Mhlontlo.

Ontlonting

Daarso was ongelukkigheid oor die spoed van dienslewering.

Gister het Xasa die gemeenskap van Ntlangano in Ntabankulu besoek.

Hy’t gesê: “Ons prys die pogings van ons leiers op alle vlakke vir die ontlonting van die bestaande situasie. Laat ons die tempo ná die verkiesing byhou en die mense se belange eerste stel.”

Hy het ook gevra dat die verskillende politieke partye mekaar tydens die verkiesing verdra.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel