15 dae gelede
LP’s geskok oor vae planne
GE-GRILL: Dr. Sibongile Zungu van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement staan behoorlik bont om al die LP’s se Covid-vrae te beantwoord.  ~ Daily Sun

GEFRUSTREERDE LP’s het die Oos-Kaapse gesondheidsamptenare ge-grill toe die provinsie se Covid-19-uitdagings genoem word met geen time­ ­frames oor hoe die teething problems opgelos gaan word nie.

News24 berig ’n provin­siale projekbestuurseenheid gelei deur dr. Sibongile Zungu, het die provinsie se Covid-19 challenges Woensdag in ’n sitting van die parlement se gesondheidskomitee voorgelê.

Kort ná die briefing wou LP’s by die departement weet hoekom geen duidelike time frames gegee is nie.

Die provinsie het tekorte aan kritiekesorg-beddens, ventilators en suurstof, terwyl toestande in sommige hospitale agteruitgegaan het.

Die ANC-LP Kenneth Leonard Jacobs sê dit is duidelik daar’s uitdagings in die Oos-Kaap.

Hy sê dis duidelik ingryping deur die ministerie en die nasionale gesondheidsdepartement is nodig.

Hy voeg by dis duidelik hulle is in ietwat van ’n laat stadium om lewens in die Oos-Kaap te probeer red.

Hy sê die Oos-Kaap het vir ’n hele aantal jare agter in die ry gestaan in terme van die werwing van gesondheidsorg-professionals.

Hy sê al word daar veldhospitale voorberei, moet daar ’n plan wees om die nodige gesondheidsorgverskaffers te kry.

Evelyn Wilson van die DA sê gesondheidsorg in die Oos-Kaap is in ’n krisis.

Sy sê tans het die Oos-Kaap net een ambulans per 21 000 km in die provinsie.

“Jy’t tyd om te praat oor die beweging van pasiënte tussen hospitale en distrikte, maar julle het nie ambulanse om dit te doen nie.

“Die frustrerendste deel van dit is dat jy praat van die bespoediging met betrekking tot suurstofvoorraad.”

Sy sê die dag toe die pandemie uitgebreek het, was een van die dinge wat almal geweet het, dat dit die longe aanval. En dat die verskaffing van suurstof die mees kritieke deel van die hantering van ’n Covid-19-pasiënt is.

Ontsteld

Wilson sê nou, midde-in hierdie wêreldwye plaag, nou dat daar ’n groot krisis is, nóú word daar eers gepraat van die bespoediging van suurstofvoorraad.

Wilson vertel sy is erg ontsteld hierdeur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters