15 dae gelede
Liggaam van vermiste tienjarige gekry
Amila Kawa  ~ Foto Verskaf

DIE liggaam van ’n tienjarige seun van Oos-Londen wat sedert verlede week vermis was, is gevind.

Kapt. Mluleki Mbi, ’n polisiewoordvoerder, sê die lyk van Amila Kawa van die Cambridge-lokasie het Saterdag by die Nahoonrivier uitgespoel. Dit was vier dae nadat Amila saam met vriende gaan swem het in ’n nabygeleë dam wat in die rivier uitloop.

Amila het in die dam in die moeilikheid beland en het onder die water verdwyn.

Hoewel ’n amptelike saak vir ’n missing person geopen is, is vermoed dat Kawa, ’n leerder aan die Primêre Skool Gcobani, verdrink het.

’n Geregtelike doodsondersoek word nou gedoen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters