9 maande gelede
Leeus veilig in Oos-Kaap
LEEUWYFIESFOTO:LAWRENCE ANTHONYEARTH ORGANIZATION  ~ 

VIER leeus wat gered is van waar hulle in die Oekraïne in aaklige omstandighede aangehou is, het by hulle nuwe tuiste in die Baai aangekom.

Hulle het Woensdag in PE geland en is per trok na die Kragga Kamma Game Park vervoer, berig HeraldLIVE.

Die leeumannetjie en drie wyfies –Nathan, Charlie, Luca en Kai – sal die res van hulle dae in hulle natuurlike habitat deurbring. Verskeie organisasies het geld geskenk vir hulle groot trek, berig SABC.

Woensdagnag is hulle in ’n afgeskorte nagskuiling aangehou. Hulle is Donderdag in hulle yslike nuwe tuiste – ’n kamp van 1 500 m² – vrygelaat. News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters