11 dae gelede
Lawyer sê sy kliënt is mislei
Khanyiswa Zinco  ~ 

JY HET hom instruct om ’n guilty plea te lewer en gesê dan sal hy net vir vyf jaar tronk toe gestuur word.

Só het die moordbeskuldigde Khayalethu Lubisi (26) se lawyer, Xolile Bodlo, Vrydag in ’n binneverhoor in die Baaise hooggeregshof aan AO Mark Fry gesê.

Lubisi, Unathi Mxazi (22), Mvuzo Jack (25) en Kha­nyiswa Zinco (27) staan tereg op klagte van sameswering om te roof met verswarende omstandighede, roof met verswarende omstandighede en moord.

Hulle word verdink van die moord op Unathi Bless in Augustus 2017.

’n Binneverhoor word gehou met betrekking tot die toelaatbaarheid van Lubisi se confession.

Fry het Vrydag getuig dat hy met Lubisi se waarskuwingsverklaring begin het deur eerstens die klagte aan hom te stel.

Volgens Fry het hy Lubisi gewarn ingevolge die judges’ rules (’n stel praktyke by ondervraging met die doel om ’n bekentenis te kry).

Hy is gesê hy het die reg om stil te bly en hoef nie ’n verklaring af te lê of enige vrae te beantwoord nie.

Fry sê hy het Lubisi gewaarsku dat sy statement in die hof gebruik mag word.

Hy het getuig hy het Lubisi se grondwetlike regte aan hom verduidelik en Lubisi het dit verstaan.

Volgens Fry het Lubisi aangedui hy wil hom vertel wat daardie dag in Augustus gebeur het.

Dis tóé dat Lubisi sy skulderkenning voor ’n vrederegter afgelê het.

Konst. Yandisa Kumla het onder kruisondervraging gesê hy het Lubisi se grondwetlike regte sin vir sin aan hom verduidelik.

Beteken

Bodlo het dit toe aan Kumla gestel dat sy kliënt nie verstaan het wat die cop besig was om aan hom te verduidelik nie.

Volgens Bodlo het Kumla nie vir Lubisi verduidelik wat “you have the right to remain silent” beteken nie.

Daarop het Kumla gesê Lubisi hét verstaan.

Kumla het gesê hy het uitdruklik aan Lubisi gesê enigiets wat hy in daardie stadium sê, kan in die hof teen hom gebruik word.

Bodlo het toe gesê: “As jy sy regte aan hom verduidelik het, is dit nie deeglik gedoen nie.”

Kumla het toe onder herondervraging deur adv. Mark Driman, die staatsaanklaer, gesê Lubisi het nie beswaar gemaak of gesê hy verstaan nie wat aan hom verduidelik is nie.

  • Die hof het reeds laas week beslis Mxazi se confession is toelaatbaar.

Dié het ook volgehou sy grondwetlike regte is nie aan hom verduidelik nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters