13 dae gelede
Lawyer dink kliënt is effens van tune af
 ~ 

’N VERMEENDE reeksverkragter wat in die Baaise hooggeregshof op 15 klagte teregstaan, is gister hospitaal toe gestuur vir evaluasie.

Xolile Pita (23) van KwaNobuhle in Uitenhage staan tereg op sewe klagte van rape, vier van poging tot roof, twee van ontvoering, ’n klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer en ’n klag van roof met verswarende omstandighede.

Die misdade is tussen 2016 en 2018 in KwaNobuhle gepleeg en die slagoffers was tussen 12 en 24 jaar oud.

Pita se lawyer, adv. Jodine Coertzen, het gister in die hof aansoek gedoen daarvoor dat ’n distriksdokter Pita moet evalueer.

Volgens Coertzen lyk dit asof Pita nie weet wat om hom aangaan nie.

Maandag, toe Pita gepleit het, moes die tolk basiese Xhosa-terminologie gebruik.

Coertzen sê sy is bekommerd dat Pita die hofverrigtinge dalk nie sal kan volg nie.

Sy sê Pita se oom sê hy het so gesukkel op skool dat hy na ’n spesiale skool gestuur is, waar hy ook gesukkel het.

Coertzen het voorgestel dat Pita na die Dora Nginza Hospitaal gestuur word, waar vasgestel moet word of hy in staat is om die hofverrigtinge te volg.

Die staatsaanklaer, adv. Garth Baartman, het geen beswaar aangeteken teen die verdediging se aansoek nie.

Waarnemende regter Bulelwa Pakati het die saak tot Vrydag uitgestel.

Dis wanneer die doktersverslag oor Pita se toestand na verwagting beskikbaar sal wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters