16 dae gelede
Laitie lights out geslaan
lelik bygekom: Joshé Nelson praat uit oor sy nagmerrie ordeal.FOTO verskaf  ~ 

’N SKOOLKIND sê die rassis wat hom lights out geslaan het, het daarna ewe in die hospitaal by hom ’n draai gemaak.

Die neus van Joshé Nelson (18) van Thornham is gekraak en hy is vol kneusplekke nadat hy Donderdagaand 23 Augustus by ’n funksie by die Hoërskool Paul Sauer in Kareedouw aangerand is.

Gekant

Joshé is ’n gr. 11-leerder aan die Sekondêre Skool Humansdorp.

Volgens hom chat hy en ’n wit meisie nou al sowat drie maande.

Sy het in ’n stadium gesê haar pa is baie gekant teen bruin mense.

Twee weke gelede het José­ in ’n taxi afgesit Kareedouw toe.

Sy niggie het hom genooi na ’n show by hul skool.

Die vriendinnetjie was ook by die show.

Joshé vertel terwyl hy in die saal gesit en wag het dat die show begin, het die meisie hom gewhatsapp om uit te kom.

Aangaan

Hy het eers geweier omdat sy vroeër gesê het haar pa gaan dalk ook by die show wees.

Haar pa was toe ’n security guard by die skool.

Joshé sê toe hy buite die saal kom, het hy haar gevra wat aangaan.

Die meisie het ge­antwoord haar pa wil met hom praat.

Volgens Joshé het die pa gesê hy moet die meisie uitlos en haar nommer van sy foon delete.

Joshé sê terwyl hy sy foon uitgehaal het, het die man hom met die vuis op die bors geslaan en toe in die gesig.

Hy het geval, maar die man het aangehou om hom in die gesig te slaan.

Joshé vertel hy het uitgepass.

Iemand het hom later kom help en na ’n kantoor geneem.

’n Kombers is om hom gegooi, want hy het baie gebewe.

Joshé is daardie selfde aand nog hospitaal toe geneem.

Hy vertel hy het hom boeglam geskrik toe die man later by sy hospitaalkamer ingestap kom en ewe vra of hy oukei is.

Volgens hom het hospitaalpersoneel die man gevra om die pad te vat.

’n Security guard is toe aangesê om by sy kamerdeur wag te hou.

Die Hoërskool Paul Sauer sê in ’n verklaring hy is baie spyt oor wat gebeur het.

Son het die verklaring. Daarin staan ook een van die opvoeders het die oortreder onmiddellik van die skoolperseel verwyder.

Die skool sê sy personeellid vir noodhulp het die seun gestabiliseer en na ’n dokter verwys.

Die voorval is dieselfde aand nog by die polisie­stasie in Kareedouw aangemeld.

Die volgende dag het die skoolhoof, H.P. Smit, die onderwysdepartement daarvan laat weet.

Hulle wil hê die departement moet die voorval on­afhanklik ondersoek.

Die skool sê ook in die verklaring die oortreder mag glad nie meer op die skoolperseel kom nie.

Hulle heroorweeg ook nou of hulle voortaan nog wil sake doen met die security company vir wie dié ou werk.

Alles sal afhang van watter dissiplinêre stappe die maatskappy doen.

Charmaine Bruiners, ’n familielid van Joshné, sê hulle is baie vies omdat die verdagte eers die Sondag­ ná die voorval in hegtenis geneem is.

Hy is op bail van R500 vrygelaat.

Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die klaer het die saak laat­middag op Vrydag 24 Augustus geregistreer.

Sy verduidelik die polisie moes eers getuieverklarings kry voordat hulle die verdagte in hegtenis kon gaan neem.

Hulle ondersoek ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Swart sê kort nadat die man die Sondag in hegtenis geneem is, het sy lawyer met die senior staatsaanklaer van Humansdorp vergader.

Daar is toe besluit om borgtog van R500 aan hom toe te staan.

Hofdatum

Swart sê die man kon eers op Donderdag 30 Augustus in die rondgaande hof verskyn.

Dit was die eerste hof­datum vir Kareedouw.

Mary-Ann Mngomezulu, ’n maatskaplike aktivis, sê hulle het reeds aan die minister van polisie, minister van justisie en die hoofstaatsaanklaer in Port Elizabeth geskryf om te sê hoe ontevrede hulle is met hoe die saak gehanteer word.

Die verdagte moet weer op 4 Oktober verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters