Verlede maand
Laitie begrawe ná lang soektog
Sanjay Borman  ~ Foto Verskaf

NÁ DRIE weke van soek, is die lyk van die kleine Sanjay Borman in ’n sluis gevind.

Borman, wat in die Kaap gebore is, is vier jaar gelede deur sy mamma na die Oos-Kaapse dorpie Cradock gestuur sodat hy ’n beter en veiliger lewe kon lei.

Min het sy geweet hierdie sou eindelik vir hom die onveiligste plek wees.

Red

Sanjay, ’n graad 2-leerder, het op 17 September ná skool met maatjies langs die Groot-Visrivier gaan speel toe hy en nóg ’n maatjie in die rivier geval het.

Bettie Lawens, sy antie, sê ’n ooggetuie wat in die omtes was, het in die rivier gespring en daarin geslaag om die een kind uit die water te red.

Sanjay het egter teen daardie tyd te ver in die rivier afgedryf.

Die seun se lyk is eers op 9 Oktober by die Scanlen-besproeiingstelsel buite die dorp gevind.

Lawens sê hul harte is gebreek deur dié tragedie.

“Ons gaan hom mis. Die familie, sy vriende, die hele gemeenskap...

“Hy was die grapjas van die familie. Hy was die kind wat altyd in die gemeenskap geglimlag het en hy was die een wat altyd sy maatjies uitgetart het.

“Dis ’n groot verlies.”

Sanjay is Donderdag begrawe en het volgens Lawens danksy die plaaslike gemeenskap ’n baie mooi send-off gehad.

“Almal het hand bygesit en ons met alles support.

“Ons wil graag vir almal dankie sê vir die gebede, vir die ondersteuning en liefde.”

Toestand

Sy sê die enige ding wat hulle as familie nou troos, is dat hy veilig in die arms van Jesus is.

“Sy ouma is nog baie getraumatiseer en in ’n toestand. Sy ma is maar gister (Sondag) terug Kaap toe om te werk. Maar ten minste het ons nou closure.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters