4 maande gelede
KYK: Reuk gee ou snuf in neus
weg: Ryno Campher staan in wat tot Sondagaand nog die kombuis van sy ma se huis was.Foto’s: deon ferreira  ~ 

’N HUIS waarin vyf geslagte gewoon het, is daarmee heen.

Dit het afgebrand nadat ’n petrolbom vermoedelik ingeslinger is by die huis in Chamois Road, Helenvale.

Die familie het al hulle besittings verloor.

Nou sit ’n ouma, haar twee kinders en haar klein­kinders sonder ’n dak oor hulle kop. Weg is die aande dat die familie oor ’n lekker maaltyd oor ditjies en datjies gesels het.

Hulle sal nooit weer in die voorkamer vir ’n kuier kan bymekaarkom nie.

Gelukkig het die gemeenskap vinnig gereageer. Die mense is uit die huis gered voordat hulle kon seerkry.

Die kinders se skoolboeke en -klere, die furniture en die appliances is wel nou verbrand.

Ryno Campher (37), wat in die huis gewoon het, vertel mense het hom kom wakker maak en hulle gered.

“My oumagrootjie het hier gebly. So ook my ouma, my ma en ons.

“My ma en ouma het altyd in die voorhuis gepraat en gekuier.

“Wanneer dit gereën het, het ons sop gemaak en oor my oumagrootjie gepraat.

“Disaster management was darem hier.

“Hulle het vir ons duvets en shopping bags (vol kos) gebring.

“Ek het net die klere wat ek aanhet, oor,” sê Campher.

Dorothy Claassen (67), Campher se ma, is in skok.

Sy vertel: “Ek het in die voorkamer gelê en slaap.

“Die bure het my wakker geklop en gesê dit brand daar agter.

“Ek het net vlamme by die venster gesien. Ek was lam van die skrik.”

Claassen sê sy was 16 jaar oud toe hulle by die huis ingetrek het.

Nou is niks memorabilia oor nie – die familieportrette teen die mure en die mure het ook geskroei.

Claassen se dogter, Mary Claassen (48), woon in die Langkloof.

Sy het gister haar ma kom haal sodat sy tydelik daar kan woon.

Die res van die familie slaap saans oorkant die pad by Campher se vrou se huis.

Campher ruik lont oor die brand.

“Die vuur het hier agter begin. Toe ons later terugkom, het ons net petrol op die kos geruik.

“Die hoender ruik na petrol en toe ek in die koekie inbyt, proe ek net petrol.”

Hy voeg by: “Ons voel nie gelukkig hieroor nie.

“Ons is nie gangsters nie. Hoekom moet hulle my ma se huis kom bom?

“Gelukkig het niemand seergekry nie.”

Besoek

Gister het lede van die groep Concerned Citizens of PE Metro (CCPEM) donasies soos klere, skoene en elektriese toebehore aan die dankbare familie oorhandig.

Enige iemand wat ook graag met donasies wil help, gevra om Farouk Jeptha by 061 414 8245 te bel.

Die CCPEM se kantoor kan ook besoek word. Dis geleë in Bellweg in Gelvandale, agter Dave’s Gym.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters