15 dae gelede
Kouga laat die gras waai
grassny,kouga
Nuwe toerusting  ~ 

DIE Kouga Plaaslike Munisipaliteit probeer die gras in openbare areas netjies en kort hou.

Altesaam 20 industriële grassnyers, 38 bosmaaiers en 12 grasblasers is pas by die munisipaliteit in Jeffreysbaai afgelewer, berig rnews.co.za.

Daniel Benson, raadslid belas met gemeenskapsdienste, sê die gereedskap – wat nagenoeg R750 000 gekos het, kan die munisipaliteit se poging versterk om dorpsingange, sypaadjies, sportterreine, begraafplase, munisipale grasperke en karavaanparke skoon en aanloklik te maak.

Hy hoop dit sal beleggers trek en die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters