2 maande gelede
Kokaïen van R720 m. gekry
DWELMVONDS: Die cops en lede van die Valke met die drugs.  ~ 

DANKSY die snuffelhond Kikki, die Valke, Interpol, die polisie en ander belanghebbers is een van die grootste dwelmvondste ooit in die Baaise Ngqura-hawe gemaak.

Sowat R720 miljoen se kokaïen was in containers op ’n vragskip versteek, maar dit was nie goed genoeg weggesteek vir die polisie nie.

Ná ure se gesoek deur 3 669 con­tain­ers is die dwelms in een van hulle gevind, heel onder op die skip se onderste vloer.

Nou is 706 kg minder kokaïen op die straat en die betrokke dwelmsindikaat het ’n lelike finansiële knou weg.

Ná ’n 12 dae lange intensiewe ondersoek het die Valke Maandag toegeslaan op ’n skip wat in die Baai vasgemeer het.

VAN STRAAT AF: Polisiebeamptes wys hoe die drugs verpak is.

Die skip, wat van Brasilië af gevaar het, was met die dwelms onderweg na Indië en Singapoer. Interpol het die skip dopgehou en op die regte tyd ingegryp.

Geen arrestasies is gemaak nie, maar die ondersoek duur voort.

Dit is ’n uitdaging om die kartel-base vas te trek omdat hulle nie saam met die dwelms beweeg nie, maar dit net oplaai en na bestemmings stuur.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, die hoof van die direktoraat prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê: “Die waarde van dié kokaïen is meer as R720 miljoen. Dis ’n bedrag waarmee ’n village gebou kan word.

“As ’n mens kyk na die werk wat die geld kon geskep het, is dit ’n groot verlies. In plaas daarvan, word mense verarm.

Voortgaan

“Die enigste mense wat happy sou gewees het, is die dwelm-kartelle, wat finansieel daarby baat vind, terwyl die gebruikers bedwelm is.”

Lebeya het verduidelik georganiseerde misdaad oor landsgrense heen word transnasionale misdaad genoem.

OU SLIMME: Divan Oosthuizen met sy dapper snuffelhond, Kikki.Foto’s: THEO JEPTHA

“Ons sal voortgaan om ons rol te speel. Kartelle se belangrikste kommoditeit is geld en hulle doelwit is om geld te maak.

“Ons sal hulle vervolg en hulle sakke teiken.

“Die empires van dié kartelle sal val.

“Ons doen ook ’n beroep op almal om nie dwelms te doen nie – as ons maar net die aanvraag na dwelms kan verminder.

“Ons het ook onlangs groot busts gehad op die internasionale lughawens O.R. Tambo en Kaapstad. Ons waardeer die inligting wat die publiek vir ons gee.”

Lebeya het gesê die suiwerheid van die kokaïen sal getoets word.

’n Klein bietjie dwelms sal as bewys gehou word, maar die res gaan vernietig word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters