4 maande gelede
Koeëls kom deur ruit in ou se boud
Kol. Priscilla Naidu  ~ 

’N MAN is Maandag liederlik uit die slaap geruk toe koeëls deur sy kombuisvenster gevlieg en hom in sy regterboud getref het.

Die polisiespeurders van die Bethelsdorp-polisiestasie in die Baai ondersoek nou ’n saak van poging tot moord.

Volgens kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval net ná 23:00 in Horatiostraat, Booysenpark, gebeur.

Daar is nog geen arrestasies gemaak nie.

Paramedici

In ’n ander skietvoorval gister in Helenvale is ’n man (19) ook beseer.

“Die polisie het omstreeks 08:30 gereageer op ’n skietery in Fitchardtstraat.

“By hulle aankoms was paramedici besig om die man te help in ’n buitegebou,” sê Naidu.

Die slagoffer kon nie baie inligting verskaf nie en is hospitaal toe geneem.

Die polisie ondersoek in hierdie geval ook ’n saak van poging tot moord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters