4 maande gelede
Klein partye droom groot
Yolanda van Sensie FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIE tussenverkiesings vir wyk 35 en 37 in die Nelson Mandelabaai-metro is om die draai, en selfs kleiner partye maak hulle reg om stemme te werf.

Die African Christian Democratic Party (ACDP) se wykskandidate is Yolanda van Sensie vir wyk 35 en John Stone vir wyk 37.

Van Sensie woon al 43 jaar in Bloemendal.

Haar prioriteite as raadslid sal wees om die parke op te gradeer met omheinings en gym-toerusting, om sportvelde op te gradeer en te ontwikkel, en om alle onwettige vullisstortingsterreine skoon te maak.

Sy sal onder meer ook ’n voetbrug agter die Chatty-kliniek laat bou en sorg vir beligting en CCTV-kameras in hoë misdaad-areas.

Biblioteek

Stone het grootgeword in Schauderville en Helenvale.

Sy prioriteite stem deurgaans ooreen met Van Sensie s’n.

Stone se prioriteite lê ook by die bou van ’n biblioteek en vaardigheidsontwikkelingsentrum.

“Maatreëls sal in werking gestel word om die verkeer op besige taxiroetes te kalmeer. Alle grondpaaie sal ook geteer word.

“Ons sal ook kwessies oor die backlog van behuising aanspreek.”

Son sal vandag weer poog om die Socialist Revolutionary Workers Party (SRWP) te kontak, en om volledige kommentaar by die Patriotic Alliance (PA) te kry.

Die African Christian Democratic Party (ACDP) se wykskandidate is Yolanda van Sensie vir wyk 35 en John Stone vir wyk 37.

Van Sensie woon vir 43 jaar in Bloemendal. Haar prioriteite as raadslid sal wees op die parke met omheinings en gym toerusting op te gradeer, sportvelde op te gradeer en die ontwikkel en om alle onwettige vullisstortingsterreine skoon te maak.

Sy sal ook onder meer ’n voetbrug laat ontwikkel agter die Chatty-kliniek en sorg dat daar beligting en CCTV-kameras is in hoë misdaad areas.

Stone het grootgeword in Schauderville en Helenvale. Sy prioriteite stem deurgaans ooreen met Van Sensie s’n.

Stone se prioriteite lê ook by die bou van ’n biblioteek en vaardigheidsontwikkelingsentrum.

“Verkeer-kalmering maatreëls op besige taxiroetes sal opgesit word en alle grondpaaie sal geteer word. Ons sal ook kwessies oor die back log van behuising adresseer.”

Son gaan vandag weer poog om die Social Revolutionist Worker’s Party (SRWP) te kontak, en ook om volledige kommentaar by die Patriotic Alliance (PA) te kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters