10 dae gelede
‘Killer’ gaan slaap ná moord
LOOP HOF: ’n Man loop hof na hom na bewering voorgedoen het as die Elundini munisipale bestuurder. Foto: verskaf / ter illustrasie  ~ 

DIE provinsiale eenheid gemoeid met georganiseerde misdaad (bende-ondersoeke) het Sondagoggend ’n verdagte in hegtenis geneem ná die skietdood van ’n man in die vroeë oggendure.

Die slagoffer was die 29-jarige Juandré Mentoor van die Baai se noordelike gebiede.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het Sondag 04:45 gebeur toe Mentoor en ’n tjommie in William Slammert-rylaan in Bloemendal gestap het.

Hulle het gesien die verdagte kom in hulle rigting aangehardloop.

Die verdagte het toe skielik net op hulle geskiet.

Volgens Naidu het Mentoor en sy 23-jarige vriend van die skieter probeer wegkom.

Bolyf

Mentoor het egter ’n ent verder in William Slammert-rylaan inmekaargesak en is dood.

Mentoor het veelvuldige skietwonde aan sy bolyf opgedoen.

Volgens Naidu is die voorval bendeverwant.

Sy voeg by die bende-affiliasies is in dié stadium nie bekend nie.

Sy verduidelik ondersoekwerk in die onmiddellike omgewing van die skietery het ondersoekers gelei na ’n huis elders in William Slammert-rylaan.

Daar is ’n 26-jarige verdagte aan die slaap aangetref en gearresteer.

Naidu voeg by die verdagte word op ’n moordklag aangehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters