6 dae gelede
Kids betaal in skietery
 ~ 

’N MAN is vas nadat ’n tiener en ’n jong seun gister in ’n bendeskietery in Helenvale, Port Elizabeth, gewond is.

Volgens kol. Priscilla Naidu het ’n 17-jarige meisie saam met haar tante in Anita-rylaan ge­stap toe twee rival gangs op mekaar begin skiet het.

’n Seun (10) was ook in die pad. Die meisie is in haar skouer gewond en die seun in sy wang.

Die polisie het ’n 21-jarige man gearresteer wat glo lid is van die Dustlife gang.

Hy is in die boude gewond tydens die skietery en is in die hospitaal. ’n Pistool is in sy besit gevind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters