3 maande gelede
Kerspret vir handvol kids
pret: Die groep kinders van die Northerns geniet hulle tydjie saam met Kersvader.  ~ 

MEER as 30 kinders van die Baaise noordelike gebiede is gister met ’n Kerspartytjie in Humewood verras.

Die National Rescue for Poverty and Drugs (NRPD) het die jong klomp bederf.

Die minderbevoorregte kindertjies het ure lank in die swembad baljaar en daarna ’n bord lekker kos en soetgoed geniet.

Glenn Rania, NRPD-voorsitter, sê: “Ons doel vir die dag is om kinders van all over – soos KwaNoxolo, die Bethelsdorp extentions, Timothy Valley, Schauderville en Gelvandale – te bederf. Dis die eerste keer dat ons in Port Elizabeth iets vir die kinders doen.”

Volgens Rania is hulle non-profit organisation in 2014 in die Kaap gestig. Sowat drie maande gelede het hulle ook in die Baai ’n kantoor oopgemaak.

Op die bederfdag het elke kind burgers, koek, ’n hamper met kos en bestanddele en ’n goodie bag gekry.

Almal het ook opgewonde gewag dat Kersvader vir hulle presente uitdeel.

“Daar is ’n need onder kinders uit areas met gang violence. Dié partytjie is in twee weke gereël.

“Ons wil die borge bedank dat hulle dit moontlik gemaak het.”

Die NRPD wil volgende jaar ’n safe house in die Baai open. Mishandelde kinders en vroue sal ’n kort rukkie daar kan bly. Hulle sal ook berading kry en verwys word na die toepas­like staatsdepartemente.

Die borge was Summerbreezz SuperSpar, Pick n Pay, Continental Butch­ery, Wildside Craft Meats­ and Deli, Van Rensburg Tours, Lilwills, Just Knead More Bakery, The Original Westees Bakery and Café en Whitfield Bakery.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters