14 dae gelede
Kêrel steek glo meisie dood
crime scene tape with blurred forensic law enforce
'n Man van Elliotdale het glo sy meisie doodgesteek.  ~ Foto ter illustrasie

'N MAN van Elliotdale in die Oos-Kaap is in hegtenis geneem vir die moord op sy 20-jarige meisie.

Kapt. Jackson Manatha,  ‘n polisiewoorvoeder, sê Zine Mvangeli het Dinsdag om 04:00 uur huis toe gegaan. Toe sy daar kom het sy haar kêrel in die geselskap van 'n vriendin gekry.

Volgens Manatha het die beskuldigde sy mes getrek en Mvangeli die bolyf gesteek.

Manatha sê die verdagte en sy vriend het die slagoffer na die hospitaal gejaag. “Met haar aankoms by die hospital is sy dood verklaar.”

Volgens hom was jaloesie glo die motief vir die moord. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters