2 maande gelede
Kar idle nog tydens arres
Fikile Mengo Foto: THEO JEPTHA  ~ 

DIE nag voordat een van die moordenaars van Denise­ Marlene Webber (78) van Kabega Park in verband met haar moord in hegtenis geneem is, het hy gepaartie en gedrink.

So het speursers. Dudley Ferreira, ondersoekbeampte, gister in ’n binneverhoor in die saak in die Baaise hooggeregshof getuig.

Fikile Mengo (20) pleit saam met Mkhuseli Ngqanda (29), Thanduxolo Vumazonke (23) en Sinethemba Nenemba (28) onskuldig op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede.

Ferreira het gister getuig hy het Mengo op 30 Augustus 2015 om 10:20 in hegtenis geneem in ’n straat in New Brighton.

Volgens hom het hy Mengo se regte aan hom voorgelees en die redes aan hom verstrek hoekom hy in hegtenis geneem word.

Ferreira het getuig toe hy Mengo in hegtenis geneem het, het hy agter die stuur van ’n gehuurde voertuig gesit.

Volgens Ferreira was die karsleutel nog in die ignition en was die kar nog besig om te idle.

Volgens Ferreira was Mengo­ onder die invloed van alkohol.

Mengo het hom meegedeel dat hy die hele nag deur behoorlik gepaartie en gedrink het.

Speursers. Ferreira sê toe die gemeenskap om hulle begin saamdrom, het hy – ver­gesel deur ene kol. De Bruyn en konst. Koen – die betrokke huur­motor na die New Brighton-polisiestasie geneem om dit daar te deursoek.

Selle

Nadat hy die motor klaar deursoek het, het hy dit aan die verhuringsmaatskappy terugbesorg.

Volgens Ferreira het hulle aanvanklik met Mengo afgesit na die Kabega Park-polisiestasie.

Hy het getuig dat daar by dié betrokke polisiestasie net twee selle vir mans en een sel vir vroue is.

Volgens Ferreira was beskuldigde 1 en 2 toe reeds in die twee selle.

Volgens hom moet die vroue-sel ten alle tye oop wees.

Hy sê om dié rede is Mengo na die Mountweg-polisiekantoor geneem waar hy toe aangehou is.

Ferreira het gesê kort nadat hulle Mengo se huis besoek het, het hy Lee-Anne Hakker, Webber se kleindogter, gebel en gevra om van die items wat teruggevind is, by die polisiestasie­ te kom identi­fiseer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters