3 maande gelede
Justice kom vir wyle paramedic en verkragte girl
MANG TOE: ’n Jong man (links) wat ingevolge die Kinderwet vervolg is, en Thulani Jusaya hoor gister in die Baaise hooggeregshof wat hulle lot is. Foto: THEO JEPTHA  ~ 

DIE moordenaars van Thabang Vincent Ngwekazi, ’n paramediese student aan die Nelson Mandela-Universiteit, en sy girlfriend se rapist is Donderdag onderskeidelik vir lewenslank en ag jaar tronk toe gestuur.

Regter Elna Revelas het Thulani Jusaya (20) ’n tronkvonnis van life opgelê vir die moord op die student.

Sy het hom boonop ’n lewenslange tronkstraf opgelê op twee klagte van rape, 15 jaar vir twee klagte van roof met verswarende omstandighede, 10 jaar vir aanranding, 8 jaar op twee klagte van ontvoering en ’n verdere 8 jaar op twee klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die regter het Jusaya se medebeskuldigde, wat ingevolge die Kinderwet aangekla en vervolg is, ’n tronkstraf van 10 jaar opgelê vir moord. Daarvan is twee jaar opgeskort vir vyf jaar.

Sy het hom voorts 10 jaar tronkstraf opgelê op twee klagte van roof met verswarende omstandighede. Daarvan is vyf jaar opgeskort vir vyf jaar. Hy’t ook ag jaar gekry op twee klagte van ontvoering.

Hy sal dus effektief ag jaar tronkstraf uitdien.

Revelas het met die vonnisoplegging beklemtoon hierdie misdrywe is met ’n hoë graad van voorafbeplanning gepleeg.

Die regter sê die feit dat Jusaya ná die paramedic se skietdood by die klaagster daaroor gebrag het, kon haar nie veel hoop gegee het dat sy gaan survive nie.

Revelas het ook die inhoud van ’n sielkundige verslag beklemtoon wat lui dat die klaagster nooit die verkragting en die teregstelling van haar boyfriend – wat reg voor haar oë gebeur het – sal kan verwerk nie.

Met betrekking tot die skuldige wat ingevolge die Kinderwet vervolg is, sê Revelas hy het bevriend geraak met die verkeerde vriende – mense wat sy familie nie geken het nie.

Volgens haar het dié vriende druk op hom uitgeoefen.

Revelas meen egter dis geen verskoning vir wat hy gedoen het nie, want hy’t ’n aktiewe rol gespeel in die ontvoering en roof.

Die regter sê die jong man se apology aan die slagoffer se ma is ietwat opportunisties. Dit is oor hy verskoning gevra het eers nadat die vonnisverrigtinge begin het.

Sy het ook daarna verwys dat hy nie op enige van die klagte skuldig gepleit het nie.

Revelas sê oor Jusaya hy is nie ’n eerste oortreder nie.

Sy sê hy is reeds op die ouderdom van 13 jaar skuldig bevind aan poging tot roof en diefstal.

Volgens haar het hy nie gebruik gemaak van die kanse wat toe aan hom gebied is tydens die ingryping nie.

Revelas sê die energie wat Jusaya op die aand van die voorval display het, maak haar agterdogtig daaroor of hy regtig die betrokke aand onder die invloed van dwelms en alkohol was.

Volgens haar het Jusaya baie kanse in die lewe gehad.

Hier het sy verwys na sy anties wat hom gespoil het, sy oom wat vir hom ’n kar gekoop het, en sy skoolhoof wat hom aangemoedig het om ’n loopbaan in elektriese ingenieurswese na te jaag.

Sy sê daar is niks omtrent sy huislike omstandighede wat hom gedwing het tot ’n lewe as misdadiger nie.

Volgens regter Revelas het Jusaya bloot skuldig gepleit vir sy eie gemak en nie omdat hy berou toon nie.

Appèl

Sy sê Jusaya se verskoning aan die slagoffer se ma is juis opportunisties omdat dit veels te laat gekom het.

Revelas gaan eersdaags uitspraak gee nadat die jong man ’n aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldig­bevinding gebring het.

Jusaya het op sy beurt ook ’n aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis gebring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters