12 dae gelede
Judge vra info na ‘betasting’
MARILYN STEBUYSFOTO VERSKAF  ~ 

DIE voorvonnisverrigtinge in die Stebuys-moordverhoor is gister in die Baaise hooggeregshof tot Woensdag uitgestel.

Regter Irma Schoeman het Déne Stebuys (43) Maandag skuldig bevind aan moord, die verontag­saming van ’n beskermingsbevel, twee klagte van gewone aanranding en ’n aanklag van aanranding.

Hy’t Marilyn (36), sy vrou, in 2016 met ’n klip doodgemartel.

Nadat Schoeman vir Stebuys Maandag skuldig bevind het, het sy die staat gevra om meer inligting te bekom oor die betasting-saak wat die slagoffer destyds teen Stebuys se pa gemaak het.

Gister het adv. Ismet Cerfontein, staatsaanklaer, ’n afskrif van die dossier en ’n klagstaat van die betrokke saak in die hof gehad.

Cerfontein het aan Schoeman gesê luidens die dossier is die aanklag teen Stebuys se pa op 29 November 2012 aanhangig gemaak.

Die docket lui voorts die beweerde betasting het op 29 November 2012 gebeur.

DéNE STEBUYSFoto: DEON FERREIRA

Volgens Cerfontein het Marilyn die saak toe op 19 April 2014 teruggetrek.

Sy het gesê die docket word vergesel van ’n withdrawal statement.

Verouderd

As deel van die voorvonnisverrigtinge het Cerfontein gister ’n social worker report wat op 24 Mei 2017 saamgestel is, aan die hof voorgehou.

Schoeman het toe aan Cerfontein gesê daardie verslag is verouderd en sy moet ’n updated weergawe soek.

Dit is omdat Denwin Stebuys, die couple se seun, aantygings gemaak het dat hy uit die huis van sy oupa aan sy ma se kant getrek het.

Denwin het gesê hy het by sy oom ingetrek omdat daar by die oupa glo nie goed na die kinders omgesien word nie.

Schoeman het toe vir die updated report gevra sodat sy ’n bevel kan maak wat in die beste belang van die Stebuys-kinders is.

Die regter het Maandag in haar uitspraak gesê Stebuys was ’n swak getuie wat sy getuienis verander het soos wat die verhoor gevorder het.

Die verhoor is toe tot aanstaande Woensdag uitgestel.

Elsabé Theron tree op vir die verdediging.

Stebuys bly in aanhouding.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters