18 dae gelede
Jong ou vol lood gepomp
Die cops soek die moordenaars van 'n man van Bethelsdorp.  ~ Foto ter illustrasie

DIE cops van die Bethelsdorp-polisiestasie soek na ’n persoon of persone wat Woensdag ’n man in Bethelsdorp doodgeskiet het.

Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê omstreeks 16:30 het die polisie gereageer op ’n klag van ’n lyk wat in Kokstraat, Booysenpark, lê.

Moordsaak

Hy het op sy rug gelê met verskeie skietwonde aan sy bolyf en kop.

Naidu sê die omstandighede rondom sy dood en die verdagte(s) is in dié stadium nog onbekend.

Volgens haar word ’n moordsaak ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op mense met inligting om AO Johnny du Toit te bel by 083 523 4742 of 041 404 3030. Anders kan mense die polisie se Stop Misdaad-nommer skakel – 086 001 0111 – of bel jou naaste polisiestasie.

Alle inligting is vertroulik en inbellers het die reg om anoniem te bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters