14 dae gelede
Jong man kry 10 jaar vir moord
'n Jong man van die Baai is 10 jaar tronkstraf opgelê vir moord.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

'N TIENERSEUN van die Oos-Kaap, wat 'n man vermoor het omdat hy blykbaar nie sy gang wou join nie, is 10 jaar tronkstraf opgelê.

Giovanni Peters (18) het in Januarie 2017 na Jamain Lewack se huis in Bethelsdorp in Port Elizabeth gegaan, die deur oopgedwing en hom in sy kamer doodgeskeit.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Peters was 16-jaar oud toe hy die moord gepleeg het.

Die landdros het in sy uitspraak gesê as Peters nie 'n jeugdige was toe hy die moord gepleeg het nie, sou hy 'n swaarder straf gekry het.

Ngcakani sê die NVG verwelkom nogtans die vonnis. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters