4 dae gelede
IPTS-tariewe styg met R3
duurder: Pendelaars betaal nou R8 pleks van R5 om met die IPTS-busstelsel te reis. Foto: maryke low  ~ 

DIT kos pendelaars nou R3 meer om met die IPTS-busse in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit te ry.

Dít is een van die besluite wat Dinsdag op die raadsvergadering geneem is nadat die meeste raadslede ten gunste van ’n tariefverhoging gestem het.

Dit beteken die koste is van gister af R8.

Die EFF het versuim om te stem.

Die DA en ACDP het teen die verhoging gestem. Al die ander partye – die UDM, UF, AIC en ANC – was ten gunste daarvan.

’n Verslag wat deur die burgemeester­, Mongameli Bobani, ter tafel gelê is, lui dr. Walter Shaidi, uitvoerende direkteur van infrastruktuur en ingenieurswese, meen die koste van R5 het onregverdige kompetisie in die area veroorsaak.

Genereer

Hy sê ook in die bestaande tariewe is daar ’n opmerklike verskil tussen die direkte bedryfskoste en inkomste.

Hy meen die tariefverhoging is nodig omdat die diens onderhoudbaar moet wees en die hoogs moont­like inkomste genereer.

Dit gesê, moet die tariefverhogings van so ’n aard wees dat dit steeds bekostigbaar is vir alle inkomstegroepe.

Shaidi het in die verslag gesê daar moet verseker word dat dié tarief steeds minder is as dié van taxi- en ander busdienste.

Die IPTS-sisteem hardloop tans teen ’n verlies, met ’n nadelige saldo van R1,9 miljoen in Augustus 2018.

Shaidi het voorts gesê deur die verhoging van tariewe sal dié nadelige saldo verminder word tot R484 061.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters