8 dae gelede
Inwoners stem
verbeter: Nadia Sibisi sê die wenparty moet kyk na die jeug wat werkloos is. Daar is ook baie armoede, met mense wat geen inkomste kry behalwe grants nie.  ~ 

GISTER het mense opgestaan vir waarin hulle glo, in die vorm van hulle stemme.

Die stemlokale in die Nelson Mandelabaai-metro was hier en daar bedrywig.

Son het ’n draai gaan maak by stemlokale in wyk 35 en 37, waar die tussenverkiesings vir nuwe raadslede plaasgevind het.

Dit volg nadat Trevor Louw en Neville Higgins as raadslede verwyder is. Die twee wyke het voorheen aan die DA behoort.

Die DA, ANC, SRWP, ACDP en PA was die keuses op gister se stembriewe.

Julie Stanworth van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hulle sal na verwagting vandag ’n verslag stuur oor die stemprosesse.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters