Verlede maand
Inmates dreig met eetstaking
tronk
Inmates by die St. Albans-gevangenis dreig om op te hou eet mits daar gehoor aan hul klagtes gegee word.  ~ Foto Verskaf

INMATES by die St. Albans-gevangenis in  Gqeberha (Port Elizabeth) het die tronk se bestuur twee dae gegee om gehoor aan hul eise te gee. 

As die bestuur nie op hul eise gaan ag slaan nie, gaan daar ernstige nagevolge wees, berig GroundUp

Die inmates het hul drie dae lange eetstaking Sondag stopgesit. Hulle is ongelukkig met die stand van sake in die tronk. Een van die kwessies wat die inmates het, is dat die regulasies om die Covid-19-pandemie te bestry nie nagekom word nie.

Hulle kla ook oor die swak toestand van die infrastruktuur en pype wat lek. Een van die inmates sê hulle is sowat 44 in 'n sel.

‘‘Die bestuur se enigste bekommernis is dat ons sosiale afstand moet het. Maar ons kry nie maskers en sanitisers nie. Ons selle word ook nie ontsmet nie.’’

Die inmates kla ook dat hulle nou net 30 minute het om te oefen en sê daar is nie ander manier om ontslae te raak van stres nie.

Nog 'n inmate het aan GroundUp gesê hulle kla al vir 17 maande oor die toestand van die infrastruktuur.

‘‘Toe ons Sondag vir hulle sê wat ons kwessies is, het ons 'n lekker bord kos gekry. Ons gaan Dinsdag aan met ons staking as daar nog niks antwoorde is nie.’’

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir die departement van korrektiewe, sê hulle was nie bewus van 'n eetstaking nie.

Volgens hom kan inmates hul klagtes self aanmeld by die hoof van die tronk.

Nxumalo sê daar is geen nuwe infeksies by die tronk nie en dat alle Covid-19 regulasies wel gevolg word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters