Verlede maand
Infeksies by Fort Hare styg ná partytjie
fort hare university
Die aantal aktiewe gevalle by die Fort Hare-universiteit is besig om te styg.  ~ Groundup

DIE aantal aktiewe gevalle van Covid-19 by die Universiteit van Fort Hare het tot 60 gestyg.

Die universiteit skryf die styging toe aan groot groepe studente van die Oos-Londense-kampus wat onlangs 'n partytjie by 'n tavern bygewoon het. 

Tandi Mapukata, universiteitswoordvoerder, sê die Oos-Londen-kampus het 27 nuwe gevalle bygekry.

News24 berig die studenteraad was nie happy dat die partytjie geblameer is vir die styging in gevalle nie.

Siphiwo Ncgenge, president van die studenteraad, sê aan News24 80% van die gevalle is weens verpleegstudente wat hul prakties by openbare hospitale moet doen. 

"Hulle kan dus nie oortuigend  sê die oorsaak van die verspreiding is oor die partytjie nie" 

Mapukata het egter Woendag gesê die meerderheid van studente wat besmet is, is in die fakulteit regte gevolg deur bestuur en handel met net 'n paar by gesondheidswetenskap.

TimesLive berig die studente gaan na die Bhisho-hospitaal geneem word vir afsondering.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê hy wil nie Suid-Afrikaners bang maak as hy hulle oor 'n styging in Covid-19-infeksies herinner nie, maar om te verseker dat almal gesondheidsprotokols volg.

Mkhize, wie self tans van die corona-virus herstel, sê die Wes-Kaap het die afgelope week 'n 42% styging in infeksies gehad. Infeksies het dieselfde tydperk met 9,1% in ander dele van die land gestyg.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters