3 maande gelede
Inbreker steek jong ma in huis dood
Kapt. Johann RheederFoto: son  ~ 

’N MAAND oue babadogtertjie is moederloos gelaat nadat ’n vermeende inbreker haar 26-jarige ma gistermiddag in hul huis in Brymore in die Baai doodgesteek het.

Volgens kapt. Johann Rheeder, ’n polisiewoordvoerder, was die oorledene se huishulp om 12:36 besig om die badkamer skoon te maak toe sy hoor dat haar werkgewer hard met iemand praat.

Sy wou ondersoek instel, maar toe sy uit die badkamer wou gaan, het sy agtergekom dat sy binne toegesluit is, het Rheeder bygevoeg.

“Die oorledene se verloofde (34) het gedurende die aanval op haar tuis gekom en met die verdagte gestoei.

“Die verdagte het oor ’n muur gespring en weggekom.”

Rheeder sê verder dat die vrou steekwonde aan haar nek en regterarm opgedoen het.

Haar verloofde het hul babadogtertjie ongedeerd in die slaapkamer aangetref.

Die polisie was gister besig om in die area na die verdagte te soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters