4 dae gelede
‘Hy’t nie berou – gee life’
Déne Stebuys Foto: theo jeptha  ~ 

’N KILLER se lawyer wil hê hy moet net 10 tot 12 jaar kry, maar die aanklaer voel dít sal die regstelsel in oneer bring.

Elsabet Theron, Déne Stebuys se lawyer, het versoek dat dié veroordeelde vrou-killer tronkstraf van tussen 10 en 12 jaar opgelê word.

Déne (42) is skuldig bevind aan moord nadat hy sy vrou, Marilyn (36), op 5 Junie 2016 met ’n klip doodgemartel het.

Adv. Ismet Cerfontein, staatsaanklaer, het gister Déne se lawyer se versoek afgeskiet.

Cerfontein het gesê wat verswarend is van dié voorval, is dat Marilyn ’n kwesbare lid van die gemeenskap was.

Volgens die staatsaanklaer het Déne nie ’n flenter omgegee vir sy vrou se basiese reg op lewe nie.

Cerfontein het gesê die graad van geweld wat Déne teenoor Marilyn gepleeg het, was excessive en verskrik- ­lik.

Na aanleiding van die getuienis van ’n mediese dokter sê Cerfontein dat ’n mens jou net kon indink die pyn en lyding wat Marilyn moes deurmaak aan die hande van Déne.

Volgens Cerfontein het gesinsgeweld ernstige afmetings in die land aangeneem.

Sy sê Déne se aksies het die lewe van Marilyn se familie en dié van haar kinders vernietig.

Volgens Cerfontein was Déne veronderstel om Marilyn te beskerm en te respekteer eerder as om haar seer te maak.

Cerfontein sê Déne het vir die duur van die verhoor geen berou getoon nie.

Hy het ook nie verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie.

Volgens Cerfontein het Déne hom reg deur die verhoor portray as die slagoffer en het hy met elke kans wat hy kon kry die aandag gevestig op Marilyn se ontrou- heid.

Die staat vra Déne moet vir lewenslank tronk toe gestuur word.

Gesin

Theron het in haar argument ter versagting van vonnis die getuienis van die Stebuys-egpaar se oudste seun, Denwin – ’n staatsgetuie – herhaal.

Sy sê Denwin het self getuig Déne was ’n liefdevolle pa wat altyd vir sy gesin provide het.

Volgens Denwin het sy pa ook soms vir sy ma se familie gesorg.

Le Roux sê die manier waarop Marilyn Déne behandel het, is verswarend.

Volgens Le Roux was die mees extreme provocation in dié geval toe Marilyn vir Déne sê sy het nie meer ’n affair nie.

Maar die volgende dag toe sien hy die twee in mekaar se geselskap.

Le Roux sê die oomblik toe Déne Marilyn ge-hug en sy hom reject het, was nog ’n provocation.

Volgens Le Roux was Marilyn se beserings aanduidend van die emotional state waarin Déne was.

Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters