2 maande gelede
Huishulp stoei met huisrower in Stormsrivier
inbraak en plundery
'N Verdagte is in hegtenis geneem tydens n huisroof.  ~ verskaf

'N VERDAGTE (19) sal na verwagting die week in die hof verskyn nadat 'n huishulp hom tydens 'n poging tot inbraak by Stormsrivier teen die grond gestamp het.

Sers. Majola Nkohli, 'n polisiewoordvoerder, sê die werker was besig met haar werk toe 'n jong man Dinsdag net vóór 06:00 vir haar water gevra het. Sy het toe die water vir hom gegee. Nkohli sê later terwyl sy skoongemaak het, het sy dieselfde man in die badkamer van die huis gesien nadat hy vermoedelik deur die venster ingekom het.

Die huishulp, wie se werkgewer 'n 90-jarige vrou is, het die verdagte probeer keer wat 'n skootrekenaar wou steel en dit is tóé dat die huishulp en verdagte stoei.

AlgoaFM berig die dapper vrou het ook daarin geslaag om die paniekknoppie te druk en oomblikke later het 'n privaat eaksie-eenheid op die toneel opgedaag.

Sersant Nkohli sê die inbreker is buite die huis in hegtenis geneem terwyl hy probeer vlug het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters