14 dae gelede
Honde skeur man op
Dood: Die oorskot van Elvis Stuurman lê in ’n parkie in Malabar.  ~ 

AGGRESSIEWE pit bulls het sy gesig en keel heeltemal weggevreet.

Dit was die lot Vrydagoggend vroeg van Elvis Stuurman (48). Sy erg verminkte lyk is in ’n speelparkie in Armstrongstraat in Malabar aangetref.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Met die polisielede se aankoms het hulle gesien dat die oorledene veelvuldige bytwonde in die gesig het.

“In dié stadium is die omstandighede rondom die aanval onduidelik.”

Sy sê terwyl die polisie die misdaadtoneel ondersoek het, het hulle inligting ontvang dat ’n vrou haar honde was nie ver van die bloedige toneel af nie.

Die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in die Baai is ontbied en hulle het vier honde – waarvan twee opregte pit bulls is – op die perseel aangetref.

’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van Stuurman se dood vas te stel.

Ruwayda Abrahams, wat oorkant die parkie woon, sê sy het Donderdag omstreeks 01:00 honde hoor blaf.

Maar toe sy by die venster uitkyk, het sy niks gesien nie.

Sy sê hulle het eers Vrydag 06:00 gehoor van die lyk wat daar lê.

Martha Williams (47), die ma van Stuurman se twee dogters, en haar vriendinne het Vrydag omstreeks 06:15 van die huis af geloop om kospakkies elders in Malabar te gaan haal.

Dis tóé dat sy op die toneel afgekom het.

Sy het Stuurman net-net herken, want sy hele gesig en keel was weg.

“Hy het baie aardig gelyk. Ek het net na sy gesig gekyk toe loop ek.

Gepla

“Ek het dadelik iemand geroep om die polisie te bel.”

Williams het daarheen teruggekeer nadat die polisie op die toneel opgedaag het.

“Ons het goeie tye saam gehad en het alles saamgedoen.

“Hy was ’n baie rustige man en het niemand gepla nie.

“Ek sal my hart moet sterk maak as ek netnou ons twee dogters moet vertel.”

Sy verduidelik Stuurman was ’n bietjie van ’n rondloper en het nie altyd by die huis geslaap nie, maar sommer buite by ander mense se shacks.

Williams het Stuurman Donderdag 11:00 laas gesien voor hy net verdwyn het.

Sy voeg by hy het ’n ruk terug ’n stroke gehad en kon nie mooi praat of loop nie.

Beverley Rademeyer van die AACL in Cleary Park bevestig hulle het vier pit bulls opgelaai.

“Toe ek daar kom, het ek gesien die eienaars het geen hok vir die honde of omheining nie. Die klein spasie agter die shack is nie gepas vir vier honde nie.”

Toe die honde opgelaai is, was hulle volgens Rademeyer in daardie stadium nie aggressief nie.

Rademeyer sê die teef is in ’n slegte toestand en een van die ander honde het bytmerke aan die gesig en bene. Dié twee honde is boonop uit sy sorg verwyder.

Die honde gaan nou pound toe totdat die polisie-ondersoek afgehandel is.

Rademeyer gaan ’n waarskuwing uitreik aan die eienaars wat voorskryf dat die honde se toestand en living condi­tions aansienlik moet verbeter.

Die eienaars was nie tuis toe Son daar was nie.

  • Williams is werkloos en het nie die finansies om haar geliefde met eer te begrawe nie. Enige iemand wat kan bydra, kan Son by 041 503 6204 bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters