23 dae gelede
Hof straf jong bendelid swaar
WALTER WILLIAMSFOTO VERSKAF  ~ 

’N LID van die Nice Time Bozzas-bende in die Northerns is gister lewenslange tronkstraf plus ’n ekstra 31 jaar en 3 maande opgelê.

Walter Williams (21) is vir lewenslank tronk toe gestuur op ’n moordklag.

Op drie klagte van poging tot moord het hy elk 12 jaar tronkstraf gekry.

Williams het op twee klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen 15 jaar elk gekry en op twee klagte van die onwettige besit van ammunisie 18 maande elk.

Hy is ook tot drie jaar elk gevonnis op twee klagte wat verband hou met georganiseerde misdaad.

Die eerste voorval het omstreeks 14:40 op 9 Desember 2018 plaasgevind toe twee tieners (13 en 15) in Anitastraat in Helenvale gestap het.

Hulle was op pad van ’n winkel af toe Williams in die straat losgebrand het. Die 13-jarige is in die bors gewond en die 15-jarige in die hand.

Op 10 Desember 2018 het Williams die 40-jarige Ricardo Stuurman in Kobusweg, Helenvale, doodgeskiet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters