7 maande gelede
Hof lê op 'skieter' se nommer
Luyanda Nyumka Foto: deon ferreira  ~ 

EEN van die groep mans wat beskuldig word van die moord op ’n cop sê die nommers waarna die hof verwys, is nie syne nie.

Mlungisi Tsitsi staan in die Baaise hoog­geregshof saam met vyf ander mense tereg op klagte van onder meer sameswering om moord te pleeg en moord.

Hy was vroeër ’n ­sersant in die polisie.

Tsitsi (37), van Motherwell, word daarvan verdink dat hy moordenaars gehuur het om sy vrou, die polisielid Noma­thamsanqa Mtwesi, op 12 November 2015 af te haal.

Sy het na bewering ’n affair gehad.

Die staat het vroeër aangevoer in die build-up tot die moord op Mtwesi is daar onder meer tussen ’n 212-nommer, ’n nommer wat op 4072 eindig en ’n Cell C-nommer gekommunikeer.

Die staat beweer verder die nommer wat op 4072 eindig, behoort aan beskuldigde 5, die 30-jarige Sicelo­ Mba­nga.

Volgens die staat is Mba­nga en Luyanda Nyu­mka pelle en ook die mense wat Mtwesi geskiet het.

Vriende

Adv. Marius Stander, die staatsaanklaer, het die 36­jarige Nyu­mka gister daaraan herinner dat ene Colin Delport vroeër getuig het Nyumka het 10 keer op die 212-nommer met hom gekommunikeer.

Nyumka het gister in die hof getuig hy en Mbanga is nie vriende nie.

Stander het dit aan Nyumka gestel dat hy volgens selfoonrekords op 12 November 2015 om 04:21 met Mbanga gekommunikeer het.

“Hy (Mbanga) wou weet waar jy is.

“Julle twee het toe getravel na Motherwell, waar julle Mtwesi vermoor het.”

Stander het ook vir Nyumka gesê beskuldigde 2, Thembani Rorwa­na, het in sy affidavit gesê hy ken Nyumka as Lu­yan­da Nyumka en sy selfoonnommer eindig op 350.

Die staatsaanklaer het Nyumka ook herinner aan die getuienis van ene lt. Grobler.

Die luitenant het aangevoer hy ken Nyumka as Jomanni.

Nyumka het geantwoord sy noemnaam is nie Jomanni nie; dis Joman.

Hierop het Stander hom daarop gewys dat Rorwana die 350-nommer op sy foon onder “Jomanni” gesave het en die 212-nommer onder “Jomanni 2”.

Die saak dien voor regter Irma Schoeman.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters