11 dae gelede
Hoës praat oor plan van aksie
Lt.genl. Liziwe NtshingaFOTO VERSKAF  ~ 

TEEN einde Oktober sal daar ’n strategiese plan opgetrek wees om geweld teen vroue aan te spreek.

Dié voorneme is uitgespreek ná ’n twee dae lange vroueparlement van tradisionele leiers in die Oos-Kaap.

Belanghebbendes het voorleggings gedoen oor die status van die nasie rakende gendergeweld, seksuele oortredings en die moord op vroue en kinders.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, en ander prominente polisiehoës was ook Donderdag aan huis by tradisionele leiers.

Hulle het oplossings bespreek vir die geweld in die provinsie en in die land.

Kommer

Uitdagings is ter tafel gelê deur die departement van maatskaplike ontwikkeling en van gesondheid, die SAPD, tradisionele leiers, kerkleiers en gemeenskapsgebaseerde organisasies.

Nkosi Nonkonyana, voorsitter van die huis van tradisionele leiers, sê dié vroueparlement is die eerste een van sy soort wat deur sy departement aangebied word.

Hy sê tradisionele leiers neem met kommer alle versoeke van gemeenskapslede op voetsoolvlak op.

Ntshinga sê: “Ons kan nie meer in raadsale sit en dié kwessies bespreek nie. Dis nou tyd vir aksie.”

Die vroueparlement sal nou ’n jaarlikse instelling wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters