3 maande gelede
Hewitt se parool goedgekeur
hewitt
Bob Hewitt  ~ Gallo Images

DIE oudtennisspeler en veroordeelde kinderverkragter Bob Hewitt se parool is goedgekeur.

Hewitt (80) is in Maart 2015 daaraan skuldig bevind dat hy twee tienermeisies verkrag en 'n derde een seksueel aangerand het.

Die voorvalle het in die 1980's en 1990's plaasgevind terwyl Hewitt hul tennisafrigter was.

Hewitt is in Mei 2015 ses jaar tronkstraf opgelê.

Hy het drie en 'n half jaar van sy straf uitgedien en word op 24 April op parool vrygelaat. 

Tania Koen, 'n regsverteenwoordiger vir een van Hewitt se slagoffers, sê die besluit kan steeds op hersiening geneem word, maar sal van die slagoffers afhang. - The Herald

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters