7 dae gelede
Helper gee wiele prys
HEF OP: Hoesain Salie staan voor ’n groep werkloses. Hy wil hulle help om self-sufficient te wees. Foto’s: deon ferreira  ~ 

HULLE skarrel vir geld en weet nie altyd waar hulle volgende bord kos vandaan gaan kom nie.

Daarom wil Hoesain Salie van Arcadia in die Baaise noordelike gebiede hulle help. Hy kort egter geld om klasse in welding, panel beating, stripping, spraypainting meganika en ander fisieke vaardighede aan te bied. Hy het Vrydag selfs sy fancy kar verkoop.

“Ek wil mense vrywillig help, maar die toerusting en materiaal is duur.

“Ek leer mense byvoorbeeld hoe om ’n hek te maak. Ek leer hulle hoe om aan ’n trok te sweis. Ek gee hulle ’n boek en ’n pen om teorie te leer. Ek wil hê hulle moet self-sufficient wees,” verduidelik Salie.

“Ek het al die kwalifikasies en minstens 25 opgeleide mense wat ander kan leer. Ek het net st. 2 agter my naam. So, as ek dit kan doen, kan ander dit doen.”

Salie het selfs ’n training centre in Commercial Road­, maar sukkel om die klasse gratis te kan aanbied.

Siblahle Longoza

Son het met van die werk­loses gesels.

Shane Frazenburg (32) van Salt Lake het af en toe kontrakwerk gedoen.

“Ek het gr. 11 agter my naam en vind dat ek die sertifikate nodig het. Ek is die broodwinner in die huis. Ek moet elke dag vroeg opstaan om werk te gaan soek. As dit goed gaan, kry ek R50 ’n dag,” sê Frazenburg.

Volgens hom breek ouens sonder werk by huise in en rook dwelms.

Bryan Fourie (26) van Salt Lake het ook tot gr. 11 gevorder.

“Ek wil ’n verskil maak en nie net sit en wag vir iets om te gebeur nie. Sonder ’n matrieksertifikaat is dit baie moeilik om permanente werk te kry. Daar is geen positiewe projekte vir die jeug nie,” sê Fourie.

Sibahle Longoza (31) van Motherwell het skool in gr. 11 skool weens swangerskap verlaat. Sy het nou vier kinders en is ’n enkelma omdat die pa gesterf het.

“Ek doen maar mense se hare, want die grants is nie genoeg nie. Die meeste plekke sê hulle het nie vir my werk nie. Ek wil graag my kinders education, klere en kos gee.”

Eerlike

Longoza sê werklose ouens beroof mense. Vroue sonder werk drink volgens haar hulle worries weg of eindig op as prostitute.

Sommige werkloses sê daar is mense wat swaarkry, maar op ’n eerlike wyse geld verdien, soos om vrugte of vis te verkoop.

Enige iemand wat Salie wil help met donasies, kan 083 672 0533 skakel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters